Wednesday, June 22, 2011

Agter 'n Baard - Hennie Aucamp

(Bronne: Vlymskerp, Versjoernaal)
Konteks van die verhaal
Tussen 1966 en 1989 is baie Suid-Afrikaners verplig om grensdiens te doen. Baie moes op die grens tussen Angola en Namibië gaan werk.

Opsomming van 'n verhaal
  • Die storie handel oor Deon, 'n soldaat, wat terugkeer na sy verpligte diens op die grens
  • Aan die begin van die verhaal keer hy terug en sy vrou Marina en seuntjie Bennie wag vir hom op die stasie
  • Marina is onmiddellik ongelukkig omdat sy sien Deon dra 'n baard - sy se sy herken hom skaars en raak ontsteld omdat sy haar man anders verwag het - moontlik warmer, meer toeganklik, meer soos die man wat sy onthou
  • Sy se dit lyk of hy haar agter 'n bos beloer - asof hy iets vir haar wil wegsteek
  • Die familie gaan huis toe en Deon gaan "reinig" homself dadelik - om van sy fisiese "vuil" ontslae te raak, maar miskien ook van die "vuil" (sonde, slegheid) van die oorlog
  • Deon sit by Bennie voor hy gaan slaap - Bennie smeek vir stories van bosape en terroriste (dit wys ons hy het dit al vantevore vir Bennie vertel), maar Deon se hy sal nagmerries kry (heel moontlik omdat hy self daaroor nagmerries kry)
  • Marina sien daar is drie, vier doppe weg uit die brandewynbottel - Deon het daarvan gedrink - en sy raak kwaad - hy voel moontlik hy moet die pyn op 'n manier probeer wegkry
  • Deon tel die koerant op en raak ontsteld as hy 'n foto van 'n vermiste soldaat sien
  • Marina en Deon gaan bed toe en sy smeek hom om die baard af te skeer - sy weier hom seks omdat sy nie na aan hom voel nie, sy is kwaad oor die drank en die baard en voel ver van hom af - daar is 'n duidelike konflik hier ter sprake, Deon is kwaad
  • Sy raak aan die slaap, maar later as hy by haar staan word sy weer wakker
  • Deon het sy baard afgeskeer en hy beveel haar om na hom te kyk - sy sien vir die eerste keer die wonde op sy gesig van die oorlog
  • Hy vertel haar als, maar sy wil nie hoor nie. Sy sit haar hand oor sy mond.
  • Hy begin huil, want hy het als uitgelaat
  • Sy sukkel om te slaap, moontlik van skok en verwarring - en omdat sy sy pyn nou met hom deel
Woordeskat
Troepetrein – train transporting soldiers returning from the Border War or Army
Swanger – pregnant
Buik – maag
Nadruklikheid – emphasis
Medewerking – cooperation
Opoffering – sacrifice
Gesag – authority
Vermaan – to warn
Onttrek – withdraw
Bedrieg – deceive
Nugter – sober
Spook – to be haunted by something
Vermoeide – tired
AANVULLENDE NOTAS
Deon se aankoms op die stasie:
- Marina lyk soos die perfekte foto – die voorbeeldige mooi, blonde swanger vrou met haar seuntjie wat wag op haar man na sy lang afwesigheid (sy is ‘n rolmodel vir ander vrouens)
- Hulle is eintlik nie gelukkig nie, want sy wil hom nie soen nie (voel afgesonder van hom, hou nie van die baard nie)
Deon se gedrag- Hy lei aan post-traumatiese stres na die ervaring op die grens
- Hy raak onsteld oor soldate in die koerant, want hy empatiseer met hulle
Titel van die verhaal- dit verwys na iemand wat skuil agter ‘n baard/iets wil wegsteek
- kan verwys na algemene mans met baarde
Deon se baard – simbool in die kortverhaal- Deon se baard dra vir hom groot waarde omdat dit hom herinner aan sy stryd – hy sê daar is “opoffering” daarin – hy is trots daarop
- hy steek sy pyn agter sy baard weg (sy fisiese pyn – die oorlogswonde, en sy emosionele pyn)
- wys ook hy hou nog aan sy ervaringe vas
- as hy dit afskeer, sê Marina hy lyk soos ‘n nar = ironies, want ‘n nar kruip weg agter ‘n masker
Deon se emosionele wroeging- Deon voel hy moet homself “reinig” (skoonmaak)
- hy voel fisies en emosioneel vuil na die oorlog
- hy drink sterk drank as hy by die huis kom – probeer die pyn verlam
Deon en Marina se verhouding- Marina voel Deon hou homself op ‘n afstand en deel nie sy pyn met haar nie
- sy wil hê hy moet die baard fisies afskeer, want dit maak seer as sy hom soen
- sy wil ook hê hy moet die baard figuurlik afskeer, want hy steek sy pyn/emosies vir haar weg
- Marina sukkel om sy emosionele wroeging te verstaan – sy ken hom nie so nie, hou nie van die drank en die baard nie, kan nie nader tot hom nie
- Marina het ‘n ander verwagting van sy terugkoms gehad
- Marina voel hartseer, want sy kan hom nie troos nie
Klimaks van die verhaal
­- Deon forseer Marina om na hom te kyk – sy sien sy pyn wat hy saam met hom dra
- Hy vertel haar van sy pyn
- Marina reageer koud, sy huil nie
Tema van die verhaal- Mense wat by ‘n oorlog betrokke is, word sielkundig daardeur beïnvloegd. Dit is vir soldate wat ná ‘n oorlog terugkeer moeilik om die slegte ervaringe agter te laat en aan te gaan met hulle lewens.

6 comments:

  1. Do "Benedicta" and "Die pakkie" please please please...

    ReplyDelete
    Replies
    1. http://afrikaans-afrikaans.weebly.com/stories-2012.html

      Delete
  2. "Die pakkie" and "Piet se oupa" don't you have that??

    ReplyDelete
  3. http://afrikaans-afrikaans.weebly.com/stories-2012.html

    ReplyDelete
  4. What is the nearest casino to Houston?
    If you've ever been 1 bet to Houston, you've probably bet365 우회 seen the 승부 예측 사이트 nearest casino 카라 포커 to Houston. But as you might be aware, 여수 휴게텔 the closest casino in the

    ReplyDelete
  5. Wynn Resorts Casino and Hotel - Mapyro
    Find your 익산 출장마사지 way around the casino, find where everything 영천 출장샵 is 공주 출장샵 located with Mapyro. We have 남원 출장마사지 a wide variety of games, from 울산광역 출장샵 table games to bingo, live

    ReplyDelete