Wednesday, June 22, 2011

Astra Castra - Dot Serfontein

(Bronne: Vlymskerp, Versjoernaal)
Opsomming van die verhaal
  • Ettie hardloop haar eerste wedloop teen haar grootste kompetisie, Hanna Dewalt
  • Ettie is baie bang en verskik en voel die druk wat op haar is om te presteer
  • Haar afrigter, Eben Bester, is saam met haar
  • Sy klop vir Hanna, die kampioen, en die mense rondom haar wens haar geluk - sy het Hanna se drie-jare oue rekord ge-ewenaar (dieselfde tyd gekry)
  • Sy geniet die lofprysing net vir 'n oomblik, voor Eben haar aan die arm vat en se sy moet aantrek
  • Sy voel glad nie goed oor die wen nie - emosioneel en fisies - fisies het sy 'n blaas op haar voet van haar nuwe spykerskoene
  • Daar is 'n terugflits na haar in die Wiskundeklas - Eben Bester is ook haar Wiskunde-onderwyser
  • Dolf gee vir Ettie sy huiswerk
  • Eben kom in die klas in en vra wie het die huiswerk reggekry - Ettie se sy het
  • Sy en Dolf het beide die verkeerde manier gebruik om die som te doen - Eben beskuldig Ettie dat sy by Dolf afgeskryf het
  • Dolf ontken dit nie, so Eben se Dolf het seker by Ettie afgeskryf - Dolf vat die skuld vir Ettie
  • Ettie ontken dit ook nie en voel baie sleg daaroor
  • Eben gesels later met sy verloofde hieroor en sy is baie ontsteld - sy hou duidelik nie van die nabye verhouding tussen Ettie en Eben nie
  • Sy dink hy is te betrokke by haar en dit plaas druk op hulle verhouding
  • Die verhaal gaan na waar Ettie oefen - hy reel dat sy tot die einde van die kwartaal by die skoolhoof (oom Spekies) woon om haar kos en aktiwiteite te reguleer
  • Dolf nooi haar na die seunskoshuispartytjie twee dae voor sy PE toe moet gaan vir die SA Kampioenskappe - sy kan nie gaan nie, want Eben reel dat hulle na 'n filmopname van haar vorige wedloop kyk - hy hou nie daarvan dat sy saam met Dolf na die seunspartytjie toe gaan nie
  • Dolf kom kuier na die filmopname vir haar - hy was nie na die partytjie toe nie
  • Dolf =beloof om die dag van die wedloop van vyfuur die oggend af elke uur 30 sekondes aan haar te dink
  • Dolf gee vir haar 'n kaartjie wat se: "Ek dink aan jou"
  • Ettie hardloop teen Hanna in die SA Kampioenskappe
  • Sy verloor, maar sy voel nie teleurgesteld nie - sy besef Eben is net 'n mens en atletiek is nie haar lewe nie
  • Eben leer niks en is steeds dieselfde
Verteller
-         Alomteenwoordige/derdepersoon-verteller
-         Die verteller ken almal se emosies/ervaringe en kan alles sien, hoor en beleef aangaande die karakters
-         Die verteller is nie gebonde aan tyd, plek en ruimte nie
Ettie as karakter
PROGRESSIE:

- aan die begin is sy onvolwasse en onseker van haarself
- voor die eerste wedloop is sy gespanne, bang en verward
- sy is total onder Eben (haar afrigter) se mag en verafgod hom - aan die einde van die verhaal is sy meer gefokus en het insig in haar situasie
- sy is nie meer so bang vir Eben nie, maar sien hom as ‘n gewone mens
- sy besef atletiek gaan oor soveel meer
- by die tweede wedloop is sy rustiger en kalm, want sy het iemand wat vir haar as mens omgee, Dolf
- sy is beheers en tree meer volwasse op
Eben se karakter- ‘n Wiskunde-onderwyser en Ettie se atletiekafrigter
- was self onsuksesvol as atleet en dit motiveer sy gedrag
- hy is ontevrede met die lewe oor die algemeen
- hy probeer sy eie gemiste prestasie deur Ettie regstel – hy kon nie suksesvol wees as ‘n atleet nie, so hy probeer Ettie se sukses syne maak
- hy is besitlik en teenoor Ettie en jaloers – hy wil nie hê sy moet vriende maak nie, hy wil nie hê sy moet haar eie sosiale lewe hê nie (sy mag nie na die dans gaan nie)
- hy ken haar meer persoonlik as wat ‘n afrigter behoort (hy weet wanneer haar tyd van die maand is, ens.)
- sy verhouding met sy verloofde ly daaronder – sy obsessie om deur Ettie te presteer affekteer sy verhoudings
- sy atlete is vir hom belangriker as sy verloofd
- hy is hard, maar wanneer sy atlete seerkry, is hy sagter met hulle, want hy empatiseer (hy was self daar gewees)

- Ettie merk op dat hy geen vriende het nie

2 comments:

  1. Thank you so much for the notes!! Helped a lot. Please add more poems onto this blog :)

    ReplyDelete
  2. Baie dankie vir die notas - baie handig! Kan jy asb 'n prentjie iewers op die bladsy sit (anders wil Pinterest dit nie pin nie - ek wil dit graag by my skoolgoed pin). :)

    ReplyDelete