Wednesday, June 22, 2011

Baby - EKM Dido

(Bronne: Vlymskerp, Versjoernaal)
Opsomming van die verhaal
  • Nooi (verteller) se ouers kry besoekers - Sersant De Wit bring 'n man en meisie by hulle huis aan
  • Nooi se ma stuur Toetsie (die maat) langsaan om mooi breekware te gaan haal vir die kuiergaste
  • Die twee kort verblyf - Sersant het hulle daar aangebring omdat Baby en Nooi min of meer dieselfde ouderdom is en dan het Baby 'n maatjie
  • Baby wil saam met Nooi-hulle netbal speel, maar Attie weier omdat hy meen sy kry "fits"
  • Attie reel 'n vertoning in die dorp daardie Vrydag- en Saterdagaand
  • Attie treiter Baby met dwelmpille (drugs) om seker te maak sy kom terug - hy het haar aan dwelms verslaaf, wat moontlik haar "fits" verklaar
  • Baby en Nooi gaan badkamer toe en Baby huil verskriklik - sy se sy wil na haar ma toe gaan (eerste bewys dat iets nie pluis is met Attie nie)
  • Die feit dat sy "Mo" se in plaas van "Ma" is die eerste teken dat sy moontlik van Gauteng is
  • Die Vrydagoggend hardloop Baby kaal in die straat rond - sy is bedwelmd en lyk baie jonk sonder die grimering en klere
  • Attie se sy is siek en dat sy te veel pille gedrink het (ironies genoeg is hierdie die waarheid - sy het moontlik te veel dwelmpille gedink)
  • Sersant en sy vrou kom kuier en Sersant se vrou merk op dat Baby 'n Gautengse aksent het
  • Sersant stuur vir Attie 'n boodskap - hy moet net daar bly, want Sersant wil vir hom die saal se sleutel bring
  • Sersant kom terug en arresteer vir Attie
  • Attie het Baby - Claudine Grootboom - ontvoer en daar is plakkate van haar regoor Pretoria geplak
Woordeskat
Wên – polisiewa waarin hulle mense tronk toe vat
dis ou taks van jou – dis ‘n ou gewoont van jou
pramme – borste
kêns – mal/senile
Karakters in die verhaal
Baby – Claudine Grootboom
- Baby is die hoofkarakter, ‘n meisie ontvoer uit Pretoria deur Attie
- sy is a stadsmeisie
- sy is baie ryp (mature) vir haar ouderdom
- haar naam is ironies, want sy is eintlik lankal nie meer ‘n kind nie
- aan die ander kant is haar naam gepas, want diep binne haar is sy nog ‘n klein, verlore dogtertjie
- die verteller sien in haar oë dat sy hartseer/desperaat/verlore is
- sy is verslaaf aan dwelms – dis hoekom sy kaal by die verteller sy huis aankom en Attie meen sy kry “stuipe” (fits)
­- haar naam is ook die TITEL van die verhaal:
* die verhaal handel oor Baby
* dit word gebruik as ‘n troetelnaam vir iemand wat jy liefhet – Attie het dit vir haar gegee, maar nie omdat hy vir haar omgee nie
* die naam kan op onskuld dui, wat ironies is, want Baby is lank nie meer onskuldig nie

Attie Brand – ontvoerder, skelm kulkunstenaar met ‘n vals naam (sy regte naam is Andrew Barnard)
- hy is baie beskermend teenoor Baby, wil haar nie alleen los nie, is bang sy hardloop weg/vertel die waarheid
- hy is ‘n kulkunstenaar (trickster), wat baie gepas is, want hy is werklik ‘n skelm
Ruimte van die verhaal
-         Die verhaal speel af in Nqamakwe in die Oos-Kaap
-         Attie en Baby se kar het gebreek buite die dorp en is toe daar gestrand
-         Plattelandse omgewing – sterk kontras met Baby, wat van Pretoria af kom, en ook Baby se ryp gedrag

4 comments:

  1. Baie Dankie, dit gaan my duer finals trek. :)

    ReplyDelete
  2. is nooi's fathers name Sersant de wit

    ReplyDelete
  3. No Sersant de Wit is the policeman who drops Attie (The guy acting as Baby's father) and Baby off at Nooi's house

    ReplyDelete
  4. Where can I get the English translation?

    ReplyDelete