Wednesday, June 22, 2011

Op Soek na Kid Khumalo

(Bronne: Vlymskerp, Versjoernaal)
Opsomming van die verhaal
  • Die begin van die verhaal beskryf Johanna se fisiese omstandighede as 'n bediende by mense in die stad.
  • Die verhaal gee konteks oor Kid se lewe:
    • Kid het jare lank van een werk na die ander geswerf
    • Hy was soms haweloos (homeless)
    • Hy het op hoerskool 'n meisie swanger gekry en moet onderhoud betaal
    • Hy kry toe werk by Kalafong-hospitaal en kry 'n huislening vir 'n huis in Soshanguve
    • Johanna wil by hom gaan bly as sy aftree
    • Haar ander seun, Thomas, is 'n prokureur en sy vrou soek nie kinders nie - Johanna voel nie daar welkom nie
    • Sy het 'n vriend, Frans, maar sy se hulle is eintlik niks van mekaar nie - hy het sy eie familie
  • Johanna voel geisoleer van die buitewereld
    • Sy het nie 'n selfoon nie en ook nie toegang tot 'n huistelefoon nie
    • Sy kry moeilik nuus van haar mense
  • Frans bring nuus Kid is nie by die werk nie
  • Frans kom terug en se hy was by Kid se kind se ma se mense - hulle sal haar vra oor hom as sy terugkom
  • Sy stuur vir Thomas om na Kid se huis toe te gaan - hy kry niks daar nie, maar dit lyk nie of iemand ingebreek het nie - die sleutel is nog in die voordeur, alles is op sy plek en die ligte is aan
  • Niemand wat naby Kid bly weet iets nie
  • Thomas en Frans gaan Soshanguve-polisiestasie toe en die konstabel vertel hulle van 'n man wat deur 'n motor doodgery is - hy is lykshuis toe gestuur
  • Thomas en Frans kry Kid se lyk by die lykshuis
  • Johanna moet die lyk gaan uitken
  • Kid se begrafnis vind plaas en hulle
  • Iemand se vir Johanna: "Jy wou so graag jou eie plek he, en kyk nou: in die dood het Kid vir sy ma gesorg" - Johanna kry Kid se huis, blyplek, soos sy gehoop het, maar sy sou baie eerder haar seun as 'n huis he
Titel van die verhaal
-
skep onmiddellik spanning in die verhaal
- jy weet onmiddellik wie is vermis en dat dit die sentrale fokus van die verhaal is
- dit kan verwys na ‘n diepe verlange om saam te wees as ‘n gesin
Kontras tussen Johanna se twee seuns- Thomas is duidelik meer verantwoordelik en Kid se gedrag is duidelik vir hom ‘n irritasie
- Thomas is ‘n prokureur met ‘n vaste inkomste, ‘n vrou en sy eie huis – sy vrou wil nie kinders hê nie, waar Kid reeds op skool ‘n kind buite die eg gehad het
- Kid val rond tussen verhoudings, kan nie ‘n werk hou nie en was lank haweloos (homeless) totdat hy uiteindelik op sy voete gekom het
- dit is duidelik Johanna het ‘n groter toegeneentheid (affection) vir Kid omdat hy duidelik meer ‘n mense mens is en heel moontlik meer geduldig en liefs met haar is
Johanna se wroeging- sy is bekommerd oor haar oudag, omdat sy nie voorsiening gemaak het nie
- sy kan by Thomas bly, maar Thomas se vrou hou nie van haar nie en hulle is ook baie modern met hulle eie leefwyse en gemak
- sy het nie ‘n man wat vir haar kan sorg nie en haar enigste hoop was Kid
- sy het vir Frans, maar hy het sy eie familie en bekommernisse oor aftrede – hy het heel moontlik ook nie baie geld nie en is ook al oud
Kid is vermis- Thomas gaan soek Kid by sy huis – die ligte is aan, daar is nie tekens van ‘n inbraak nie en die sleutel is in die voordeur
= dit wys dadelik dat daar iewers anders iets met hom gebeur het
= dit wys ook dat hy vinnig daar weg is of iemand het ontvoer
- Thomas en Frans soek by die Soshanguve-polisiestasie en lees van ‘n vermiste persoon
- by die lykshuis vind hulle Kid se liggaam
- Johanna moet Kid gaan uitken by die lykshuis – sy is so getraumatiseer dat sy nie daaroor kan praat nie
- sy het net aan haar twee seuns gedink toe hulle jonger was
- Kid se kind bied ‘n bietjie troos – hy verteenwoordig ‘n deel van Kid wat in die wêreld agtergebly het

3 comments:

  1. hey there

    thanks so much for the summaries of these short stories :)

    I'm in grade 12 and these are really going to come in handy :)

    do you maybe have the summaries for Die Pakkie, Rooi Kombersie, Piet se Oupa and Benedicta?

    Thank you

    ReplyDelete
  2. thank it will come in much handiness

    ReplyDelete
  3. dude can you do the short story Benedicta??? needed urgently.

    ReplyDelete